OUDTSHOORN NUUS - 'n Vrou (38) wat saam met 'n Tanzaniese burger, op verskeie klagtes van besit van-, en handeldryf in dwelms aangekla is, is verlede week in die Oudtshoorn-streekhof 'n opgeskorte vonnis opgelê nadat sy skuldig gepleit het op drie aanklagte.
Fiona Uithaler van Bongolethu het saam met die 39-jarige Tanzanier, Sangwa Salim Simba, tereg gestaan op vier dwelmverwante klagtes. Sy is onskuldig bevind op een van die klagtes.
Nadat die twee se sake van mekaar geskei is, is Uithaler deur streeklanddros Retha Pretorius tot vyf jaar gevangenisstraf gevonnis wat in geheel vir vyf jaar opgeskort is op voorwaarde dat sy nie weer aan soortgelyke klagtes skuldig bevind word nie.
Sy is deur die landdros gewaarsku dat sy 'n volgende keer tronk toe gestuur sal word.
Die saak teen Simba is tot later in Februarie uitgestel.
ARTIKEL: GARNETT WICOMB, OUDTSHOORN COURANT KORRESPONDENT
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'