Update
OUDTSHOORN NUUS - Die werknemer van Badenhorst Slaghuis, Fritz Jacobs - wat met die werk se geld en bakkie verdwyn het - en sy vriendin Tammy Weyers se borgtogaansoek is vandag gefinaliseer.
Die borgtogaansoek het Maandag begin en landdros Roelf Konstabel sou Dinsdag uitspraak lewer.
Jacobs se ma, Johanna Oosthuizen, het egter Dinsdag, in ‘n verrassende nadraai in die saak, gevra of sy kan getuig.
Sy het ‘n emosionele pleidooi aan die hof gevrig en gevra dat die hof nie haar seun borgtog toe staan nie omdat sy vir sy lewe vrees.
Volgens Oosthuizen sukkel Jacobs ‘n geruime tyd met dwelms en het hy aanvanklik Khat gebruik.
“Ek het met sy sielkundige ook gepraat en sy dink ook dit is beter as Fritz in die tronk bly. Hy gaan ‘n kans kry om daar te rehabiliteer, maar ek is so bang as hy uitkom gaan hy weer dwelms gebruik en dan verloor ek my kind heeltemal.”
Landdros Roelf Konstabel het vandag in sy borgtog-uitspraak gesê dat dit vir hom ‘n moeilike saak was om oor te besluit.
Hy het borgtog aan Jacobs geweier omdat hy geen bande of vaste bates in Oudtshoorn het nie.
“Die applikant het wel ‘n vriendin by wie hy sou gaan bly en hy sou by haar pa gaan werk het, maar indien die verhouding versuur het hy geen heenkome om emosionele bande in die dorp nie.”
Konstabel het ook gesê dat Jacobs se ma se pleidooi ‘n groot impak gehad het.
Weyers is borgtog van R2 000 toegstaan op voorwaarde dat sy by haar ouers sal bly en nie haar woning tussen 06:00 en 18:00 verlaat nie. Sy moet ook twee keer ‘n week by die polisiestasie aanmeld.
Volgens hom is Weyers se saak nie so swaar soos Jacobs s’n nie.
“Sy het wel saam met hom gery en ook die geld spandeer, maar hy het van sy werknemer gesteel.”
Lees die volledige berig in Vrydag se koerant:
Tammy Weyers
Lees vorige artikels:
- Ma vra dat seun aangehou word
- Landdros sê môre oor borg
- Borgtogaansoek uitgestel
- Paartjie verskyn in die hof
- Paartjie in Knysna vasgetrek
- Fritz Jacobs gevang
- Nog geen nuus oor twee vermistes
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'