OUDTSHOORN NUUS - AfriForum se Veiligheidsaand in Oudtshoorn-Noord was ’n groot sukses, danksy oorweldigende gemeenskapsdeelname. Meer as 100 mense het opgedaag.
Kol. Christo Cloete, AfriForum se veiligheidshoof, het die aand met gebed geopen en almal verwelkom. ’n Skyfievertoning het gefokus op Oudtshoorn se misdaad- en veiligheidsuitdagings, AfriForum se samewerking met veiligheidsstrukture, en die uitbou van die buurtwag.
Praktiese wenke is gedeel oor hoe inwoners kan bydra, soos vullisbestuur, betrokkenheid en om as die buurtwag se oë en ore op te tree.
Inwoners is ingelig oor die buurtwag se werking, AfriForum se ondersteuning en samewerking met veiligheidsinstansies. David Olivier, AfriForum se Suidstreek-veiligheidshoof, het die belang van tydige gemeenskapsbetrokkenheid benadruk.
Die Wesbank-buurtwag het reeds bykans 50 patrollielede met daaglikse skofte, terwyl Noord se patrollies sedert 1 Junie elke tweede dag ry, met planne vir daaglikse patrollies.
Terugvoering toon dat misdaad tot 50% daal waar AfriForum se buurtwag aktief is, en strate word rustiger tydens patrollies.
Na die aanbieding het die bestuur inwoners se vrae beantwoord, en ’n Noord-buurtwagkomitee is uit vrywilligers gekies om die daaglikse bestuur te ondersteun.
AfriForum Oudtshoorn bedank die Noord-gemeenskap vir hul entoesiasme en sien uit na verdere samewerking. ’n Massapatrollie met alle patrollielede en veiligheidstrukture word voorlopig vir Julie beplan.
Om betrokke te raak by die buurtwag in Oudtshoorn-Noord, kontak Donovan by 083 375 8818.
Vorige berigte:
- Inwoners keelvol vir sosiale probleme
- Wie sit kos op die tafel?
- AfriForum wil buurtwag herorganiseer
- Buurtwagte noodsaaklik
- Samewerking met misdaad-bewusmaking
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’