OUDTSHOORN NUUS - Oudtshoorn-polisie, Oudtshoorn-gemeenskapspolisiëringsforum (GPF), Afriforum, buurtwaglede, die plaaslike toerismeburo, Oudtshoorn-munisipaliteit, asook sekuriteitsmaatskappye het Vrydagmiddag 22 November 'n bewusmakings-aksie en padblokkade op die hoek van Voortrekker-en Parkstraat gehou.
Bewusmaking-pamflette is uitgedeel en voertuie nagegaan.
Die doel van die bewusmakings-aksie is om sigbaarheid te beklemtoon met veral betrekking op bekamping van misdaad in Oudtshoorn.
Pamflette is uitgedeel aan voertuie wat gestop is.
Dit het ingesluit: verstandige drinkgewoontes, 'Breaking the silence on domestic violence', 'n inligtings-pamflet van Oudtshoorn-toerisme, asook sekurtiteitsinliging.
'n Samewerkende bewusmakings-aksie het die afgelope naweek plaasgevind. Foto: Louise Mouton
Na afloop van die padblokkade is daar met 'n konvooi deur die dorp asook, Bongolethu en Bridgton gery ter bewusmaking. Verkeersdienste het toegesien dat die massapatrollie sonder insident verloop.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’