Update
OUDTSHOORN NUUS - Gertjie Thysse, die motorfietsryer wat verlede Sondag ernstig in 'n botsing beseer is, is nou by sy volle bewussyn.
Volgens sy broer, Corne, is Gertjie se verdowingsmedikasie stelselmatig sedert Woensdag verminder.
Hy kan met sy familie praat, maar is nog deurmekaar en kan nie onthou wat gebeur het nie.
Volgens Corne is die dokters tevrede met Gertjie se vordering tot dusver. Hy is steeds in die hoësorgeenheid van die George Mediclinic.
Lees vorige artikels hier:
- Motorfietsryer ernstig beseer
- Opvolg: Motorfietsryer ernstig beseer
- Motorfietsryer in intensiewe sorg
- Motorfietsryer herwin bewussyn
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'