OUDTSHOORN NUUS - Die Oudtshoorn-gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) nooi alle rolspelers in die gemeenskap uit na die algemene jaarvergadering wat op Woensdag 29 Januarie om 12:00 by die CP Nel-museum plaasvind.
Roslpelers, sakelui en NGO's wat by die GPF wil betrokke raak moet die nodige aansoekvorms invul voor Maandag 27 Januarie.
Aansoekvorms kan by ao. Leila Claassen (sosiale misdaadvoorkoming: Oudtshoorn) afhaal by kamer 8 by die Oudtshoorn-polisiestasie. Sy kan gekontak word by 044 203 9025 of 079 460 9511.
Tans is alle posisies op die GPF vakant en moet dringend gevul word.
Die GPF is 'n vennootskap tussen die plaaslike gemeenskap en die polisie en kan slegs 'n wesenlike verskil maak indien lede vanuit die gemeenskap inkoop by die inisiatief. Dit voorsien 'n platform vir inwoners om met die polisie te skakel om misdaad binne die gemeenskap aan te spreek.Deur gereelde vergaderings en same-werking poog die GPF om beter kommunikasie te bevorder tussen die polisie en die gemeenskap.
Deur saam te werk kan die polisie aandag gee aan kern misdaadkwessies binne die gemeenskap.Die GPF het ten doel om publieke bewusmaking te skep in terme van gemeenskapsveiligheid, misdaadvoorkoming, asook die beskerming van eiendom.Gemeenskappe word aangemoedig om nou saam met die polisie, asook ander veiligheidsvennote te werk.
Alle organisasies, soos raadslede, nie-regerings organisasies, gemeenskapsleiers en kerkleiers word aangemoedig om by die GPF aan te sluit om 'n verskil in Oudtshoorn te maak.Sluit aan by
Vorige artikels:
- Weer nie 'n kworum nie
- Geen kworum by GPF-jaarvergadering nie
- Straatkinders, karwagte en prostitusie neem dorp oor
- Oudtshoorn Gemeenskaps Polisieringsforum moet vakatures vul
- GPF bespreek knelpunte
- Buurtwagte noodsaaklik
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’