OUDTSHOORN NUUS - Die Oudtshoorn-gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) kon weer Donderdag, 5 Desember, nie noodsaaklike vakatures vul tydens hul algemene jaarvergadering nie, omdat daar wer nie 'n kworum teenwoordig was nie.
Die vergadering het by die CP Nel Museum plaasgevind.
'n Nuwe AJV word nou vir vroeg Januarie beoog en rolspelers en die gemeenskap word weer uitgenooi om die vergadering by te woon.Tans is alle posisies op die GPF vakant en moet dringend gevul word.
Die vorige AJV wat 'n week tevore in Bongolethu gehou is, het ook nie 'n kworum gehad nie.
Volgens ao. Leila Claassen het 20 instansies/belanghebbendes geregistreer om op die nuwe bestuur te dien.
"Ons het 11 persone nodig gehad om die vergadering te laat voortgaan, ongelukkig was net ses instansies teenwoordig.
"Die GPF is 'n vennootskap tussen die plaaslike gemeenskap en die polisie en kan slegs 'n wesenlike verskil maak indien lede vanuit die gemeenskap inkoop by die inisiatief. Dit voorsien 'n platform vir inwoners om met die polisie te skakel om misdaad binne die gemeenskap aan te spreek."
Deur gereelde vergaderings en same-werking poog die GPF om beter kommunikasie te bevorder tussen die polisie en die gemeenskap.Deur saam te werk kan die polisie aandag gee aan kern misdaadkwessies binne die gemeenskap.
Die GPF het ten doel om publieke bewusmaking te skep in terme van gemeenskapsveiligheid, misdaadvoorkoming, asook die beskerming van eiendom.Gemeenskappe word aangemoedig om nou saam met die polisie, asook ander veiligheidsvennote te werk.
Alle organisasies, soos raadslede, nie-regerings organisasies, gemeenskapsleiers en kerkleiers word aangemoedig om by die GPF aan te sluit om 'n verskil in Oudtshoorn te maak.
Sluit aan by GPFPersone wat belangstel om by die GPF aan te sluit kan die nodige aansoekvorms by ao. L. Claassen (sosiale misdaadvoorkoming: Oudtshoorn) afhaal by kamer 8 by die Oudtshoorn-polisiestasie.
Kontak Claassen gedurende kantoorure by 044 203 9025 of 079 460 9511.
Vorige artikel: Oudtshoorn gemeenskaps polisiërings forum moet vakatures vul
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’