Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - 'n Motor wat pas van die paneelkloppers gekom het nadat die eienaar dit laat spuitverf het, is beskadig toe 'n dooie boom vanmiddag omgeval het en dit skrams getref het.
Die boom het op die sypaadjie voor 'n huis in Van der Rietstraat gestaan.
Volgens die huiseienaar, Nico van den Bergh, het die boom reeds jare gelede gevrek. "Ek kan nie onthou hoeveel keer ek al gevra het dat die munisipaliteit die boom moet kom afsaag nie, want ek het gesien hy is al heeltemal vrot. Ek het hierdie week weer n span wat bome hier onder by die rivier gesny het, gevra om sommer die dooie boom ook te kom sny," het hy vanmiddag gesê.
Volgens hom het hulle kuiermense gehad toe hulle die boom hoor kraak. Toe hulle buite kom het dit op die grond gelê en van die takke het sy besoekers se motor getref.
Hy en sy vrou woon reeds 40 jaar in die huis.




'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'