OUDTSHOORN NUUS - Die Wes-Kaap het 47 000 hektaar tot hul bewaringsveld toegevoeg deur die bekendstelling van twee nuwe reservate en die uitbreiding van twee ander.
Die uitbreiding van die bewaarde gebiede maak plek vir die beskermde Kaapse bergsebra om aan te teel en verbeter die bewaring van heelwat bedreigde vetplante, klein soogdiere en voëlspesies regoor die provinsie.
Die Anysberg-reservaat in die Karoo en Knersvlakte in Namakwaland se gebiede is vergroot. Twee nuwe reservate is aangekondig: Waterkloof naby Ladismith en Zebrakop in die Gamkaberg in die Klein-Karoo wat ongeveer 6 000 hektaar is wat nou bewaar gaan word.
Die uitbreiding is moontlik gemaak deur grond wat deur WWF Suid-Afrika bekom is deur fondse wat ingevorder is deur die Leslie Hill Vetplant Karoo Trust en ander bronne.
“Die bewaringsgebiede verbeter ekologiese integriteit en landskappe wat in een vloei. Dit is belangrik in bewaringpogings om noodsaaklike korridors te skep waar wild vrylik tussen beskermde gebiede kan beweeg. Die nuwe gebiede tel ook vir Suid-Afrika se ambisie om 30% van grond en mariene gebiede teen 2030 te beskerm. ’n Uitdaging wat deur die Verenigde Nasies aan Suid-Afrika gestel is.
Hierdie is ’n groot stap vir uitbreiding van bewaringsgebiede in die Wes-Kaap, deur die uitbreiding en verbinding van bewaringsgebiede kan ons saam van die mees bedreigde spesies beskerm, asook toesien dat die Kaapse bergsebra oorleef,” noem dr. Ashley Naidoo, hoof- uitvoerende beampte van CapeNature.
Anysberg
Met die hulp van die Leslie Hill Vetplant Karoo Trust is die reservaat nou vergroot met 6 918 hektaar om botaniese diversiteit te beskerm. Die toevoeging beskerm nou 14 plant soorte van vetplante tot fynbos. Hierdie landskap is ryk aan biodiversiteit met 180 voëlspesies, verskeie boksoorte, aardvark, luiperds, Kaapse berg zebra en die kritiese bedreigde rivierkonyn.
Zebrakop-natuurreservaat
Die 3 952 hektaar Zebrakop-natuurreservaat is gevestig om die Kaapse bergsebra genetiese program te ondersteun deur noodsaaklike lae liggende habitat daar te stel met die doel om getalle van die Kaapse bergsebra te laat groei. Die nuwe reservaat bestaan uit 11 plantsoorte waaronder die kritiese bedreigde Gourits Asbos-Gwarrieveld wat nou amptelik vir die eerste keer beskerm sal word.
Waterkloof-natuurreservaat
Die nuut bekendgestelde Waterkloof-natuurreservaat naby Ladismith beslaan 2 062 hektaar en vorm deel van die Klein Swartberg opvangsgebied en sal deur CapeNature bestuur word. Die gebied is ’n kritieke bron van water vir die Ladismith gebied, Die reservaat sluit sewe plantspesies waaronder twee wat as bedreig gelys is. Die reservaat dien as beskerming van die suidelike helling van die Klein Swartberg en sal ook dien as ’n noodsaaklike bewaringskorridor.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’