Update
OUDTSHOORN NUUS - Die rondgaande hooggeregshof op Oudtshoorn is vandag stampvol.
Sixabiso Klip, die verdagte wat reeds gearresteer en gevonnis is, is tans besig om te getuig. Hy vertel in detail ondermeer oor hoe die moord beplan is en die vorige mislukte pogings op Preston Titus se lewe.
Preston is die nag van 1 Desember 2017 in sy woning op die weermagbasis vermoor. Sy bebloede liggaam is deur sy vrou, Magdaleen Titus, in sy kamer ontdek.
Volgens Klip moes die moord op Preston op 30 November 2017 gebeur het. Dit kon egter nie omdat Preston vriende gehad het wat daardie aand by hom oorgeslaap het.
Klip het ook getuig oor die verskeie buite egtelike verhoudings wat Magdaleen Titus, Preston se vrou, gehad het.
Die verhoor het amptelik Maandag in die rondgaande hooggeregshof op Oudtshoorn begin.
Lees vorige artikels:
- Weermag-moordverhoor begin
- Dag 3 van weermagmoordverhoor
- Opvolg: Dag 2 van Weermagmoordverhoor
- Weermagmoord-verhoor: Dag 2
- Opvolg: Weermagmoord-verhoor
- Weermagmoord: Saak begin amptelik
- Weermagmoord: Verdagtes vandag in hof
- Maggie titus se prokureur onttrek
- Voorverhoor in Titus-Moord uitgestel
- Weermagmoord na hooggeregshof
- Hooggeregshofdatums vir soldaat se moordverdagtes
- Weermagmoord: Saak uitgestel
- Weermagmoord-saak uitgestel
- Weermagmoord-saak uitgestel
- Weermagmoord: MJ borgtog geweier
- Maggie en medebeskuldigdes in hof
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'