Update
OUDTSHOORN NUUS - Magdaleen (Maggie) Titus, die vrou van die oorlede Preston Titus, het vandag saam met twee van haar drie medebeskuldigdes in die Oudtshoorn-landdroshof verskyn.
Titus word daarvan aangekla dat sy, saam met ander beskuldigdes, haar man, Preston Titus, die nag van 1/2 Desember 2017 vermoor het.
Hy is met verskeie steekwonde in sy huis op die Weermagbasis gevind.
Saam met Titus in die hof was Masithembe January (MJ) en Justice Mooi. Mooi in Januarie vanjaar borgtog geweier. Natasha Stuurman, wat reeds op 9 April vanjaar op borgtog van R15 000 vrygelaat is, was afwesig omdat sy glo in die hospitaal opgeneem is.
Titus is Maandag 7 Mei borgtog van R30 000 in die Kaapse Hoogeregshof toegestaan na daar teen die weiering van haar borgtog in Oudtshoorn geappelleer is.
Adv. Michelle Weyers, die staatsaanklaer in die saak, het vandag in die landdroshof aangedui dat die saak steeds deur die polisie ondersoek word en dat daar nog ondermeer vir forensiese- en DNS-uitslae gewag word.
Maggie Titus buite die hof.
Weyers het verder gesê dat MJ se borgtogaansoek op 12 Junie (volgende Donderdag) in die hof aangehoor sal word.
Die saak teen al die beskuldigdes is vir verdere ondersoek tot 11 Julie uitgestel.
Lees vorige artikels:
- Weermagmoord-verdagte laat vaar borgtogaansoek
- Weermagmoord: Borgaansoek van MJ uitgestel
- Weermagmoord: Borgtogaansoek uitgestel
- Weermagmoord: Vyfde verdagte vas
- Weermagmoord: Natasha Stuurman kry borg
- Stuurman doen aansoek om borg
- Weermagmoord: Natasha Stuurman-borgtogaansoek vandag
- Weermagmoord: Borgtog geweier
- Weermagmoord: Geen borg vir Magdaleen Titus
- Opvolg: Magdaleen Titus-borgtogaansoek
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'