Update
OUDTSHOORN NUUS - Die saak teen die vier vermeende moordenaars van Preston Titus is Maandag in die Oudtshoorn-landdroshof vir 'n akte van beskuldiging uitgestel.
Magdaleen Titus, Preston se vrou, is die vermeende baasbrein agter sy moord. Daar word beweer dat sy twee mans, Justice Mooi en 'n man wat slegs as Vusumsi bekend is en nie in hegtenis geneem is nie, gehuur het om haar man die nag van 1/2 Desember in hul woning op die weermagbasis te vermoor.
Masithembe January (MJ) en Natasha Stuurman is ook verdagtes in die moord.
Die landdros het die saak tot 3 Oktober uitgestel. Titus en Stuurman se borgtogvoorwaardes is verleng tot dan en Mooi en MJ bly in aanhouding.
Lees vorige artikels:
- Weermagmoord-saak uitgestel
- Weermagmoord: MJ borgtog geweier
- Maggie en medebeskuldigdes in hof
- Weermagmoord-verdagte laat vaar borgtogaansoek
- Weermagmoord: Borgaansoek van MJ uitgestel
- Weermagmoord: Borgtogaansoek uitgestel
- Weermagmoord: Vyfde verdagte vas
- Weermagmoord: Natasha Stuurman kry borg
- Stuurman doen aansoek om borg
- Weermagmoord: Natasha Stuurman-borgtogaansoek vandag
- Weermagmoord: Borgtog geweier
- Weermagmoord: Geen borg vir Magdaleen Titus
- Opvolg: Magdaleen Titus-borgtogaansoek
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'