Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - Die South African Water Warriors het vanoggend met twee konvooie, een van die Kaap en een vanaf George, kruineniersware, honde- en katkos, voer vir plaasdiere, bottels water en lekkergoed in Oudtshoorn aangekom.
Die konvooi het eers deur die dorp gery en toe die kos op 'n plaas oo die Rooiheuwel-pad afgelaai en verdeel.
Ten spyte van yskoue reënweer was die dag 'n reusesukses en het tientalle mense en kinders handjie bygesit om te help.
Kyk 'n video hieronder.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'