OUDSTHOORN NUUS - Die verhoor van die bestuurder van die motor waarin 'n 18-jarige matrikulant van Oudtshoorn, Marilize Nortier, op 22 September 2019 gesterf het, moes noodgedwonge uitgestel word omdat die beskuldigde sowel as sy regsverteenwoordiger in isolasie was.
Die verhoor sou verlede Vrydag in die Oudtshoorn-landdroshof begin.
Sidney Berry (25), van Groot-Brakrivier, staan tereg op aanklagte van strafbare manslag, alternatiewelik roekelose of nalatige bestuur en versuim om by 'n ongelukstoneel hulp te verleen.
Die motor waarin Nortier 'n passasier was, het dié aand tussen Oudtshoorn en die Kango-grotte die pad verlaat en in 'n watervoor beland.
Nortier was steeds in die voertuig vasgegordel toe dit ure later uit die water gehaal is. 'n Nadoodse ondersoek het bevind dat sy verdrink het.
Berry het 'n pleitooreenkoms met die staat probeer sluit, maar was onsuksesvol.
Landdros Vaughn Shone het die saak Vrydag in Berry se afwesigheid tot 2 November uitgestel.
Vorige artikels:
- Berry weer vlugtig in die hof
- Nortier-saak uitgestel
- Bestuurder uiteindelik in hof
- Berry verskyn in hof
- Saak teen bestuurder begin
- Dossier nog nie afgelewer nie
- DOV vervolg na 'n jaar
- Bestuurder word uiteindelik vervolg
- Troosdiens vir botsingslagoffer
- Jong botsingslagoffer het verdrink
- Vroeë oggend grotte-pad ongeluk
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'