Gallery Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - Die liggaam van 'n 18-jarige matriekdogter van Oudtshoorn is vanoggend omstreeks 09:00 uit die wrak van 'n BMW gesny.
Die botsing het in die vroeë oggendure gebeur toe die BMW op die grottepad die pad verlaat en in 'n waterkanaal te lande gekom het.
Plaaswerkers het die wrak eers teen 07:30 opgemerk waar dit op die sykant in die water lê. Die vrou was nog in die passasierssitplek vasgegordel.
Klik hier om nog foto's te sien.
Dit blyk dat iemand die bestuurder 'n rukkie voor die wrak opgemerk is, langs die pad gekry het, maar nie geweet het daar is 'n passasier in die motor nie.
Kyk 'n video hieronder:
Die botsing het in die vroeë oggendure gebeur toe die BMW op die grottepad die pad verlaat en in 'n waterkanaal te lande gekom het.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'