OUDTSHOORN NUUS - Die hofverskyning van Sydney Berry (23) is vanoggend tot 29 Januarie 2021 uitgestel aangesien die hof as gevolg van Covid-gevalle gesluit was.
Berry was die bestuurder van die wit BMW wat verlede jaar op 22 September in ‘n ongeluk op die grottepad betrokke was.
Die 18-jarige Marilize Nortier, ‘n matrikulant van Oudtshoorn, het op die toneel gesterf.
Berry het op 26 November vir die eerste keer in die hof verskyn op ‘n klag van strafbare manslag.
Die saak is tot vandag uitgestel vir intruksies en die ondersoekdoessier.
Berry en sy regsverteenwoordiger, Bulelani Jerome Bans van Dercksens Inc Attorneys Knysna-George, moes soos talle ander mense wat vandag in die onderskeie howe sou verskyn, geduldig buite die hofgebou wag totdat uitsteldatums aan elkeen gegee is.
Die hof sal vir die res van die dag gesluit wees.
Vorige artikels:
- Bestuurder uiteindelik in hof
- Berry verskyn in hof
- Saak teen bestuurder begin
- Dossier nog nie afgelewer nie
- DOV vervolg na 'n jaar
- Bestuurder word uiteindelik vervolg
- Troosdiens vir botsingslagoffer
- Jong botsingslagoffer het verdrink
- Vroeë oggend grotte-pad ongeluk
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'