OUDTSHOORN NUUS - Daniel Cupido (83), bekende geestelike leier en voormalige UDF-lid, is verlede week na 'n kort siekbed oorlede.
'Oom Dan' se begrafnis is vanoggend om 11:00 by familie-woning.
Vriende en kennisse van 'Oom Dan' het Sondag 'n deurry-parade gehou om blomme by sy woning afgelewer.
Slegs die 50 persone wat uitnodigings ontvang het mag die familie se woning tydens die begrafnis betree.
Die publiek is welkom om die begrafnis by te woon, mits hulle sosiale afstand handhaaf en hul maskers dra.
Die familie het Saturnus Primêr, Hoërskool Môrester, Laerskool De Villiers en Aurial College bedank vir die geestelike werk wat Oom Dan by diè skole kon verrig het.
Cupido het 17 jaar diens by Saturnus Primêr as hoofopsigter gedoen.
Hy word oorleef deur sy eggenoot, Jacoba Cupido, asook sy drie dogters en drie seuns.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'