OUDTSHOORN NUUS - Ronald Dale Harmse (50) van Gauteng, die man wat ‘n sakeman van Oudtshoorn uit meer as ‘n halfmiljoen rand bedrieg het deur hom as advokaat voor te doen, is verlede Woensdag in die Oudtshoorn-streekhof 23 jaar tronkstraf opgelê nadat hy op dié aanklag sowel as een van bedrog en geldwassery, skuldig bevind is.
Harmse, met 27 vorige veroordelings waaronder talle vir diefstal en bedrog, het skuld erken op die eerste twee aanklagte, maar onskuldig op die aanklag van geldwassery.
Hy is egter deur streeklanddros Sylvia Mandla op al drie aanklagte skuldig bevind. Hy het in Februarie 2020 vir Matthys Slabbert uit R535 000 bedrieg.
Slabbert het getuig dat hy die geld op Harmse se versoek vir veilige bewaring in 'n trustrekening inbetaal het wat die beskuldigde aan hom verskaf het.
Hy het ten spyte van Harmse se beloftes, nie 'n sent teruggekry nie.
Volgens Slabbert was hy ook nie bewus van eiendom wat Harmse glo in Gauteng vir R950 000 gekoop en 'n deposito van R475 000 daarop betaal het nie.
Lees meer in Oudtshoorn Courant en aanlyn
Vorige artikels:
- Harmse tot 23 jaar tronkstraf gevonnis
- Harmse eers in 2022 verhoor
- Harmse sing nou ander deuntjie
- Beskuldigde ontsnap, weer agter tralies
- Harmse aangekeer
- Vermeende swendelaar ontsnap
- Harmse-saak uitgestel
- Vermeende bedrieër kry streekhofdatum
- Borgtog aan Harmse geweier
- 'Advokaat' spook steeds vir borg
- 'Advokaat' steeds in aanhouding
- Vermeende bedrieër wil nou borgtog hê
- Vermeende bedrieër in hof
- Man verloor R500 000
'We bring you the latest Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'