OUDTSHOORN NUUS - Die saak teen Mlandeli Nyuka, raadslid van Oudtshoorn-munisipaliteit, is op 14 Maart vir 'n streekhofdatum voortgesit. Landdros Stephanie Strydom het Nyuka versoek om te bevestig dat hy sy regsverteenwoordiger, Jurgen Loff van Liezel Scholtz Prokureurs, se mandaat beëindig het. Loff wat nie die hofverrigtinge kon bywoon nie, het sy kollega Devon Malgas gevra om vir hom in te staan.
Nyuka, het toe homself tydens dié hofverrigtinge verteenwoordig. Hy het sy griewe oor die verloop van dié saak uitgespreek.
Volgens hom sê Strydom sedert Desember verlede jaar dat sy die saak na die streekhof gaan oorplaas, maar dat dit nie gebeur nie.
Strydom het aan hom probeer verduidelik hoe die verloop van 'n streek-hofdatum werk, maar het hy haar nie die kans gegun nie. Nyuka is op versoek van Strydom gevra om die hof te verlaat tot hy kalmeer het. Sy het hom 'n rukkie later weer teruggeroep waarna sy die streek-hofdatum aan hom voorgelees het.
Nyuka is verlede jaar 2 Oktober in hegtenis geneem nadat hy op 27 September by 'n voorval, wat by die munisipale kantore plaasgevind het, betrokke was. Die aanklag teen hom kan nie bekendgemaak word alvorens hy nie gepleit het nie.
Nyuka se saak is na die Oudtshoorn-streekhof oorgeplaas, en sal hy weer op 28 Maart daar voorkom. Nyuka bly in aanhouding.
Vorige artikels:
- Hendricks weer waarnemend
- Nyuka se saak weer uitgestel
- Mlandeli Nyuka bedank uit onderburgemeesterspos
- Nyuka-hofsaak bly brandpunt - ondersoek word geëis
- Saamstaan onttrek uit koalisie
- Herron: 'DA puts power before accountability'
- Raadslid Nyuka word borgtog geweier
- Onderburgemeester Nyuka steeds in aanhouding
- Burgemeester besorg oor ‘kwelpunte’ in voorbladberig
- Onderburgemeester Nyuka in tronk
- Burgemeester bewus van klagtes teen onderburgemeester Nyuka
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'