Update
OUDTSHOORN NUUS - Walter Hendricks is Dinsdag tydens ‘n raadsvergadering as waarnemende munisipale bestuurder aangestel. Hy is sedert Januarie in die pos nadat sy aansoek as munisipale bestuurder deur die raad goedgekeur is.
Anton Bredell, minister van plaaslike regering en omgewingsake het egter verlede maand bevind dat die keurpaneel wat met Hendricks se aanstelling betrokke was die voorskrifte oorskry het.
Die paneel is verlede jaar saamgestel as ‘n veelpartypaneel om ook dié opposisie in te sluit.
Bredell het die raad verlede maand in kennis gestel dat die samestelling van die paneel onaanvaarbaar is en dat die hele proses van vooraf deurloop moet word.
Hendricks is dus waarnemend totdat die proses sy volle gang gegaan het.
Inligting in die berig oor Hendricks se aanstelling in vandag se Oudtshoorn Courant dat Bredell ‘n veelpartypaneel gelas het, is foutief. Hy het net gelas dat die aanstellingsproses van vooraf gedoen moet word.
Vorige artikels:
- Munisipaliteit sê: 'Genoeg, is genoeg.'
- Hendricks-aanstelling laat die wenkbroue lig
- Hendricks nuwe munisipale bestuurder
- PA-OGI- en Advieskantoor-raadslede aangekla
- Walter Hendricks bedank as MM
- Walter Hendricks se ontslag onwettig
- Hendricks se ontslag onwettig
- Donson en Hendricks uit
- Donson uitgestem as Onderburgemeester
- Gerald de Jager nuwe munisipale bestuurder
- Saamstaan verloor hofaansoek
- Staansaam verloor hofaansoek
- Louw beloof regstappe teen nuwe leierskap
- Allers nuwe speaker van Oudtshoorn
- Nyuka nuwe onderburgemeester van Oudtshoorn
- Mcpherson nuwe burgemeester van Oudtshoorn
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'