Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - Speaker Johan Allers het sopas tydens 'n spesiale raadsvergadering aangekondig dat raadslid Mlandeli Nyuka (Suid-Kaap Saamstaan) uit sy onderburgemeesterspos bedank.
Nyuka bly egter steeds 'n gewone raadslid.
Volgens Nyuka se bedankingsbrief is sy wens dat die werksaamhede van die onderburgeesterskantoor moet voortgaan sodat dienslewering aan die groter Oudtshoorn verskaf kan word.
Nyuka sê ook verder in diè brief dat sy regsprobleme wat hy tans ondervind nie in die pad moet staan van effektiewe dienste aan die gemeenskap nie.
"Gegewe die sensitiwiteit van die saak wil ek nie langer dienslewering vertraag of ontwrig nie, of die munisipaliteit, my familie en gemeenskap in oneer bring nie," lui die bedankingsbrief.
Nyuka is op 2 Oktober vanjaar in hegtenis geneem nadat hy glo op 27 September by 'n beweerde voorval by die munisipale kantore betrokke was.
Raadslid Vlancio Donson (Icosa) is vandag, 24 November, sonder enige teenstem as onderburgemeester verkies nadat die vorige onderburgemeester Mlandeli Nyuka (Suid-Kaap Saamstaan), se bedankingsbrief deur die speaker aan die munisipale raad voorgelees is.
VERSKAFDE VIDEO - Chris Macpherson, burgemeester van die Groter Oudtshoorn, se verklaring (Video: Oudtshoorn munisipaliteit).
Vlancio Donson. Foto:Wyndham Ewerts
Vorige artikels:
- Nyuka-hofsaak bly brandpunt - ondersoek word geëis
- Saamstaan onttrek uit koalisie
- Herron: 'DA puts power before accountability'
- Raadslid Nyuka word borgtog geweier
- Onderburgemeester Nyuka steeds in aanhouding
- Burgemeester besorg oor ‘kwelpunte’ in voorbladberig
- Onderburgemeester Nyuka in tronk
- Burgemeester bewus van klagtes teen onderburgemeester Nyuka
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'