Update
OUDTSHOORN NUUS - Saamstaan Suid-Afrika het vanmiddag in 'n verklaring te kenne gegee dat hulle hul koalisie met die DA en Vryheidsfront Plus beëindig.
Volgens Sebastiaan Gelant, voorsitter van Saamstaan Suid-Afrika, is hulle nie tevrede met hoe hulle die strafregtelike klagtes teen Saamstaan-raadslid, Mlandeli Nyuka, hanteer nie.
Volgens Gelant lyk dit of die twee partye Nyuka se gedrag goedkeur en kan hulle saam met partye werk wat sulke gedrag goedkeur nie.
"Hulle verdedig die optrede in die raad en media. Dit is onaanvaarbaar om met partye saam te werk wat hierdie tipe gedrag goedkeur."
Chris Macpherson, burgemeester van die Groter Oudtshoorn, het in 'n verklaring gesê hy gaan nie reageer nie op die inhoud van die verklaring van Saamstaan Suid-Afrika nie.
"In die eerste plek is die dispuut 'n interparty-aangeleentheid van Suid-Kaap Saamstaan. Ten tweede is daar geen koalisie ooreenkoms met Saamstaan Suid-Afrika wat die verklaring uitgereik het nie. Die koalisie is met Suid-Kaap Saamstaan. Derdens is die enigste persoon wat deur die OVK erken word as die leier van Suid-Kaap Saamstaan, Mlandeli Nyuka."
Macpherson het verder gesê die dispuut oor Nyuka se leierskap tussen hom en 'n faksie van sy party sou reeds vandag in die hof voorgekom het, maar is uitgestel tot in April. Derhalwe is Nyuka steeds die leier van die party totdat die hof of die OVK anders beslis.
Vorige artikels:
- Herron: 'DA puts power before accountability'
- Raadslid Nyuka word borgtog geweier
- Onderburgemeester Nyuka steeds in aanhouding
- Burgemeester besorg oor ‘kwelpunte’ in voorbladberig
- Onderburgemeester Nyuka in tronk
- Burgemeester bewus van klagtes teen onderburgemeester Nyuka
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'