OUDTSHOORN NUUS - Mlandeli Nyuka, gewese onderburgemeester van die groter Oudtshoorn-munisipaliteit en Suid-Kaap Saamstaan-raadslid, het op 21 Februarie weer vlugtig in die hof verskyn.
Sy saak is uitgestel om 'n streekhofdatum te bepaal nadat hulle instruksies van die Direkteur van Openbare Vervolging (DOV) ontvang het.
Nyuka is op 2 Oktober in hegtenis geneem nadat hy op 27 September by 'n voorval by die munisipale kantore betrokke was. Die klagtes teen hom kan nie bekendgemaak word alvorens hy nie gepleit het nie.
Hooflanddros Ryan van Harte het die hofverrigtinge behartig omdat landdros Stephanie Swanepoel nie beskikbaar was nie. Jurgen Coff, van Liesel Scholtz prokureurs in Oudtshoorn is Nyuka se verteenwoordiger.
Die saak is tot 14 Maart uitgestel.
Vorige artikels:
- Mlandeli Nyuka bedank uit onderburgemeesterspos
- Nyuka-hofsaak bly brandpunt - ondersoek word geëis
- Saamstaan onttrek uit koalisie
- Herron: 'DA puts power before accountability'
- Raadslid Nyuka word borgtog geweier
- Onderburgemeester Nyuka steeds in aanhouding
- Burgemeester besorg oor ‘kwelpunte’ in voorbladberig
- Onderburgemeester Nyuka in tronk
- Burgemeester bewus van klagtes teen onderburgemeester Nyuka
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'