OUDTSHOORN NUUS - Die kragonbreking in Bridgton is deur 'n ongeluk veroorsaak. Volgens inligting wat die Oudtshoorn Courant ontvang het, het die bestuurder van die voertuig sy bewussyn verloor.
Die voertuig het eers 'n transformeerder getref waarna dit in 'n pallisade heining vasgery het.
Die voertuig het oor die pad geswenk en teen 'n paal ook gebots. Volgens Aurelia Mle, woordvoerder van die Oudtshoorn-munisipaliteit, is die krag in meeste dele al herstel, maar moet die hoof krageenheid eers herstel word.
Die krag is steeds in Bobby Le Roux-, Swart-, Meiring-, John Chapman- en Bergoniastraat af.
Die brandweer moes ook olie wat oor die pad gemors is skoon maak. Niemand is in die ongeluk beseer nie.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'