OUDTSHOORN NUUS - Die huidige waterkrisis en die kwessie van grondhervorming was twee fokuspunte van die 25ste streekskongres van Agri Wes-Kaap (AWK) wat verlede week in Oudtshoorn gehou is.
Cornie Swart, president van AWK, het gesê landbou gebruik tussen 60 en 66% van beskikbare water om te sorg dat die land kos op die tafel het.
Hy het boere daarop gewys dat elkeen die kurator van sy eie waterbronne is en daarvoor verantwoordelikheid moet neem.
Carl Opperman, hoof uitvoerende beampte van AWK, het oor grondhervorming gepraat.
Volgens hom het die hele proses van grondhervorming tot dusver misluk omdat daar eerstens té min geld daarvoor begroot is en tweedens omdat die geld wat wel begroot was deur wanbesteding en korrupsie vermors is.
Algemene weerpatrone, wat op warmer toestande dui, het ook onder die loep gekom.
Bestuurslede en sprekers tydens die AWK streekskongres. Agter is Hugo de Waal (AWK-adjunkpresident), met voor, van links: Joey Potgieter (voorsitter Agri Klein Karoo AKK), Johan Bothma, (Agri Wes-Kaap AWK uittredende sekretaris), Carl Opperman (AWK uittredende hoof- uitvoerende beampte), dr. Peter Johnston (gasspreke), Jeanne Boshoff (AWK-kommunikasiehoof), Laubscher Coetzee (AKK-verteenwoordiger by AWK) en Cornie Swart (AWK-president). Foto: Tisha Steyn
Lees vorige artikels:
- Damvlak daal, tariewe onveranderd
- Reservoirs skoongemaak, e.coli nul
- Damvlak onder 50%
- Drinkwater minder troebel
- Daadwerklike aksie teen troebel water
- Opvolg: Troebel drinkwater
- Troebel drinkwater verduidelik
- Opvolg: Water is weer reg vir gebruik
- Oudtshoorn-water weer reg vir gebruik
- Drinkwater moet steeds gekook word
- Chlorine dose at maximum
- Muis of duif dalk in stelsel
- Drinkwater: Hoë bakterieë lesing
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'