Update
OUDTSHOORN NUUS - Johan Uys, ‘n senior amptenaar by die Oudtshoorn-munisipaliteit se department van waterwerke, het kort voor 16:00 op EDENfm verduidelik dat die vuil drinkwater waarteen Oudtshoorniete gewaarsku is, hoofsaaklik weens ‘n hoë E.coli in een van die suiweringswerke is.
“Ons is nog nie seker wat die hoë E.coli-lesing veroorsaak nie, maar dit kan moontlik wees dat ‘n duif of ‘n muis in die water beland het.”
Uys het vanoggend gewaarsku dat mense nié die water moet drink as dit nie gekook is nie.
“Al borsel jy jou tande moet die water gekook wees.”
Volgens Uys kan gebruikers baie siek raak indien hulle die water sou inkry.
Hy het die versekering gegee dat die munisipaliteit besig is om die probleem op te los en chlorineringstelsels na te gaan.
Ntobeko Mangqwengqwe, woordvoerder van die Oudtshoorn-munisipaliteit, het ‘n persverklaring uitgereik waarin hy sê:
“Die resultate van watermonsters wat die munisipaliteit vanoggend geneem het, toon ‘n hoë bakterie inhoud.
"Die publiek word gevra om water te kook voor menslike gebruik.”
Lees 'n vorige berig | Drinkwater: Hoë bakterieë lesing
ARTIKEL: CHRISTO VERMAAK, OUDTSHOORN COURANT-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'