Update
OUDTSHOORN NUUS - Oudtshoorn se water is veilig vir menslike gebruik.
Johan Uys van die munisipaliteit se waterafdeling het bevestig dat hulle geen bron van kontaminasie in die Kerkstraat-reservoir kon kry nie.
Nadat die water behandel is, is daar geen teken meer van E.coli nie.
Die nuutste lesing wat laat gister geneem is, toon dat die water heeltemal skoon is en geskik is vir menslike gebruik.
Volgens Ntobeko Mangwengqwe, woordvoerder van die Oudtshoorn-munisipaliteit, sal die uitslae skriftelik deur Outeniqua Laboratoriumdienste bevestig word.
Lees meer in Vrydag se Oudtshoorn Courant, asook aanlyn.
Lees vorige artikels:
• Drinkwater moet steeds gekook word
• Munisipaliteit oor vuil water
• Chlorine dose at maximum
• Muis of duif dalk in stelsel
• Drinkwater: Hoë bakterieë lesing
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'