Update
OUDTSHOORN NUUS - Die troebelheid in Oudtshoorn se drinkwater is besig om op te klaar en gevolglik raak die chlorineringsproses meer effektief.
Dit, volgens Johan Uys, gehaltebestuurder by die Oudtshoorn-munisipaliteit se departement waterwerke.
Uys beveel egter aan dat drinkwater steeds gekook word voor gebruik.
Hy sê die munisipaliteit sal die gemeenskap op hoogte van die watergehalte hou en in kennis stel sodra dit gereed is om te drink sonder om dit te kook.
"Ons het reeds begin om die takke en stompe wat Woensdag 21 Februarie uit die dam verwyder is, weg te ry om te verseker dat dit nie weer in die water beland nie."
Die laaste watertoetse toon geen E.coli-lesings nie. Verlede week is slegs by een punt, Suid-Kaap Kollege, 'n E.coli lesing van twee gemeet.
Oudtshoorn se water het vertroebel na 55 mm reën Woensdag, 14 Februarie uitgesak het en vloedwater van die Mellvilledam in die Raubenheimerdam ingevloei het.
Die damvlak staan tans op 52,7%.
Lees vorige artikels hieronder:
- Daadwerklike aksie teen troebel water
- Opvolg: Troebel drinkwater
- Troebel drinkwater verduidelik
- Opvolg: Water is weer reg vir gebruik
- Oudtshoorn-water weer reg vir gebruik
- Drinkwater moet steeds gekook word
- Chlorine dose at maximum
- Muis of duif dalk in stelsel
- Drinkwater: Hoë bakterieë lesing
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'