OUDTSHOORN NUUSFLITS - 'n Jong man van Volmoed wat 'n man met 'n mes probeer steek en daarna met 'n klip teen die kop gegooi het, is Vrydag in die Oudtshoorn-streekhof aan aanranding met die doel om ernstig te beseer skuldig bevind.
Dillon Bruintjies (21) het ook tereggestaan op aanklag van poging tot moord op die klaer, Freek Krige.
Bruintjies het erken dat hy twee keer na Krige gesteek het, maar hom nie getref het nie. Hy was kwaad vir Krige oor ‘n insident wat die vorige naweek tussen hulle plaasgevind het.
Toe Krige weghardloop het hy hom met ‘n klip, so groot soos ‘n tennisbal, teen die kop gegooi.
Lees meer in Vrydag se Oudtshoorn Courant, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'