Breaking News
OUDTSHOORN NUUS - Die 38-jarige voormalige onderwyser van 'n plaaslike hoërskool in Oudtshoorn, wat van statutêre vekragting aangekla word, het vanoggend, 6 Augustus, in die Oudtshoorn-landdroshof verskyn vir 'n formele borgtogaansoek.
Die sitting het in camera plaasgevind op versoek van die staatsaanklaer.
Hy is vrygelaat op R1 500 borgtog en moet hou by borgvoorwaardes wat insluit dat hy nie op sosiale media aktief mag wees nie, en ook nie kontak maak met die slagoffer nie. Die verdagte word deur Johan Reed, 'n prokureur van George verteenwoordig.
Vorige berig:
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’