Breaking News
OUDTSHOORN NUUS - ’n 38-jarige man is gister, 3 Augustus in Oudtshoorn in hegtenis geneem op aanklag van statutêre verkragting.
Volgens ao. Chris Spies, Suid-Kaapse polisiewoordvoerder, word die ondersoek deur die Oudtshoorn-eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe gedoen.
Daar word beweer dat ’n 14-jarige meisie tussen Maart en April vanjaar seksueel misbruik is.
“Die voorlopige ondersoek het tot die registrasie van ’n saak van statutêre verkragting gelei, waarna verdere ondersoekwerk tot die inhegtenisneming van die verdagte gelei het.”
Die man sal na verwagting vandag, 4 Augustus, in die Oudtshoorn-landdroshof verskyn.
Die ondersoek duur voort.
Volgens wet mag die verdagte in seksuele oortredings se naam nie bekend gemaak voor hy nie gepleit het nie.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’