OUDTSHOORN NUUS - Gerald de Jager is die nuwe munisipale bestuurder na ’n geslaagde mosie van wantroue deur raadslid Abraham Tiemie van die ANC teen die huidige munisipale bestuurder, Walter Hendricks.
12 raadslede wat die DA, Icosa en Vryheidsfront insluit, het gestem teen die mosie teenoor die 13 stemme van die ANC, PA, Oudtshoorn Saamstaan, Good en Dysselsdorp Advieskantoor.
Die mosies van wantroue teen die onderburgemeester, Vlancio Donson (Icosa), en burgemeester Chad Louw (ANC), word nou bespreek.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'