OUDTSHOORN NUUS - 'n Spogtee is deur die sustersbestuur van die Assembly of God in Bridgton op 4 September gehou om geld vir die kerk in te samel.
Groot feesvieringe word vir Oktober beplan om pastoor Lionel Venter se 40ste jaar by die kerk asook die 48ste bestaansjaar van die kerk, te vier.
Die tee was 'n reusesukses en 280 gaste het die dag bygewoon. Gasspreker Jolandy Claasen se praatjie oor "Why do you matter?" het gaste inspireer en al die gaste is hartlik bedank dat hulle kaartjies gekoop het.
"Ons mense het nodig om te weet dat hulle belangrik is en dat hulle 'n doel het, " het Claasen gesê.
Talle gaste het die spogtee bygewoon.
Pastoor Lionel Venter van die Assembly of God en Jolandy Claasen.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'