Video
OUDTSHOORN NUUSFLITS EN VIDEO - Vier pype het vanoggend in Oudtshoorn Noord (in die area van Condorstraat) gebars.
Volgens Ntobeko Mangqwengqwe, het die munisipale werkers vining reageer en was hulle reeds 06:30 vanoggend daar.
“Hulle is steeds besig om die pype reg te maak. Dit blyk dat hulle ongeveer vyf tot ses ure met die herstelwerk sal besig wees.
"Die inwoners in die omgewing sal dus sonder water wees. Die munisipaliteit vra omverskoning vir die ongerief.”
Kyk 'n video hieronder:
ARTIKEL,VIDEO EN FOTO: LIEZL VAN NIEKERK, OUDTSHOORN COURANT-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'