OUDTSHOORN NUUS - Inwoners in Oudtshoorn wat in die noord-gebied woonagtig is word uitgenooi na 'n belangrike veiligheidsvergadering wat plaasvind op Donderdag 12 Junie om 18:00 in die Noord-kerksaal.
Meer en meer voorvalle van misdaad word daagliks aangemeld in Noord en toon tendense dat misdaad gestyg het in die woonbuurt.
AfriForum in samewerking met bekommerde inwoners het besluit om die vergadering te reel om die probleme wat in die woongebied voorkom te bespreek.
Inwoners van die woongebied het ook saamgespan met die hulp van AfriForum om 'n buurtwagstelsel op die been te begin kry. Inwoners word gevra om die belangrike vergadering by te woon sodat werkbare oplossing gevind kan word om misdaad in die woongebied hok te slaan.
Let op Noord is alles oos van die rivier en noord van St Saviour straat.
Vir navrae kontak: Leanda 084 304 0341 of Donovan 083 375 8818.
Vorige berigte:
- Inwoners keelvol vir sosiale probleme
- Wie sit kos op die tafel?
- AfriForum wil buurtwag herorganiseer
- Buurtwagte noodsaaklik
- Samewerking met misdaad-bewusmaking
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’