OUDTSHOORN NUUS - All Blacks-rugbyklub het Saterdag in 'n SWD Presidentsligawedstryd teen Silver Stars net-net met 16-17 op die Bridgton-sportterrein verloor.
Die manne in swart se drieë is deur John Jackson en Druwen Gysman gedruk, terwyl Duwayne Januarie met twee strafskoppe suksesvol was.
All Blacks se voorsitter, Damon Gysman, was dit eens dat sy span se nederlaag teen Silver Stars deur hul eie toedoen was omdat hulle impakspelers nie hul kant gebring het nie.
"Daar sal nie weer skuiwe gemaak word vir die sake van changes nie. Beserings ry ons tans in sleutelposisies, maar dit skep nou geleentheid vir jonger spelers om deur te kom en vir afrigters om ons diepte te toets.
"Maar om met een punt te verloor is soos 'n dolk deur my hart as voorsitter van die span. Ons spelers het die potensiaal om 'n ommekeer te maak, want die liga word nie in Maart en April gewen nie," het Gysman benadruk.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'