Gallery Update
OUDTSHOORN NUUS - Hoërskool Oudtshoorn (Struisies) se seuns hokkiespan is met die afgelope naweek se Klein-Karoo-toernooi as wenners in hul sportkode aangewys.
Langenhoven Gimnasium (Gimmies) se dogtershokkiespan was Oudtshoorn se ander ligpunt, toe hulle as die toernooi se dogtershokkiewenners aangewys is. Jim Fouché het die netbalkompetisie gewen.
Struisies, Gimmies en Bridgton Senior Sekondêr was die drie skole wat Oudtshoorn by die toernooi verteenwoordig het.
Die toernooi het 38 spanne in drie sportkodes gelok (rugby 12, hokkie 15 en netbal 11). spanne het van so ver as Pretoria na Oudtshoorn gereis om aan die toernooi deel te neem. Die organiseerder en koördineerder van die toernooi, Gerrit Rudolph en sy span, het met die drie sportkodes 114 wedstryde laat plaasvind.
Struisies se seunshokkiespan se uitslae is: 0-0 teen Langenhoven Gimnasium, verloor (0-1) teen Hoërskool Brackenfell, wen (1-0) teen Hoërskool Upington, wen (2-0) teen HTS Drostdy.
Hul dogtershokkiespan het teen Langenhoven Gimnasium, Hoërskool Brackenfell en Hoërskool Duineveld (0-0) gelykop gespeel. Hulle het 0-1 teen Hoërskool Brackenfell verloor, Hoërskool Upington met 1-0 gewen en Hoërskool Robertson met 2-0 kafgedraf.
Struisies rank hoog om balbesit te wen.
Langenhoven Gimnasium se seunshokkiespan het drie van hul agt wedstryde gewen en die res almal met 0-0 gelykop gespeel. Hulle het Hoërskool Upington (2-1), Hoërskool Brackenfell (1-0) en Hoërskool Nico Malan (21-15) gewen.
Gimmies en Struisies het elk vier van hul agt netbalwedstryde gewen.
Op die rugbyveld het Hoërskool Oos-Moot as span van die toernooi huis toe gegaan.
Bridgton Senior Sekondêr en Struisies het aan die rugbytoernooi deelgeneem. Bridgton het Hoërskool Jim Fouché die stryd aangesê. Alhoewel Bridgton met 27-40 verloor het, het hulle puik spel gelewer en drie drieë gaan druk teen Jim Fouché se vyf.
Hoërskool Oudtshoorn het Saterdag met 15-17 teen Hoërskool De Kuilen verloor.
Hulle het egter Maandag opgemaak en Hoërskool Cradock met 21-15 gewen.
Lees 'n vorige artikel: Wenners van Klein Karoo-Toernooi
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'