Gallery
OUDTSHOORN NUUSFLITS - Drie Oudtshoorn skole, Hoërskool Oudtshoorn (Struisies), Bridgton Senior Sekondêr en Langenhoven Gimnasium (Gimmies), het Saterdag en Maandag aan die gewilde Klein Karoo-toernooi Struisies-sporttoernooi deelgeneem en die dorp se naam hoog gehou deur eerste plekke in beide die seuns (Hoërskool Oudtshoorn) en dogters (Langenhoven Gimnasium) hokkiekompetisie te verower.
In drie sportkodes, rugby (12), hokkie (6 seuns- en 9 dogterspanne) en netbal (11) het 38 spanne van so ver as Pretoria na Oudtshoorn gereis om aan die toernooi deel te neem.
Die organiseerder en koördineerder van die toernooi, Gerrit Rudolph, tesame met sy span, het daarin geslaag om met die drie sportkodes 114 wedstryde in totaal suksesvol te laat plaasvind.
Lees meer in Vrydag se Oudtshoorn Courant, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'