Atlete moes 750 m swem, 18 km met `n bergfiets trap en 6 km draf.
Gerstner, `n leerder aan Hoër Landbouskool Oakdale, kon met `n tweede plek spog in 'n tyd van 1:30:36.
Die byeenkoms is gewen deur Micheal Lord, `n matriekleerder aan Paul Roos Gimnasium, in `n tyd van 1:18:01.
Vroeër vanjaar kon dié gerekende tweekampatleet `n tweede plek by die wêreldkampioenskappe in Duitsland behaal.
In die derde plek was Peet Badenhorst 1:38:24

Juka Gerstner in aksie tydens die Xtri Lite-driekampbyeenkoms.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein-Karoo nuus'