OUDTSHOORN NUUS - 'n Baie suksesvolle 2025 SA tweekampkampioenskappe is die afgelope naweek, van 21 en
22 Maart, in Oudtshoorn aangebied met meer as 900 atlete van 14 provinsies wat deelgeneem het. Eden het 10 goud, twee silwer en een bronsmedalje verower.
Atlete van Eljada-nasorgsentrum in Oudtshoorn, Michelle Lombard, Elizabeth Botes, Miena Baartman, Maja Ehlers, Elisma Joubert, Johan Lourens, Pieter Henning, Danie Botes en Francois Coetzee het goud verower in die afdeling vir atlete met spesiale behoeftes.
Die De Jager-sportkompleks en NA Smit-swembad was feestelik getooi en die weer het mooi saamgespeel om die jaarlikse skouspel uniek te maak.
Tussen 3 000 en 4 000 toeskouers het die pawiljoene volgepak en die gasvryheid van Oudtshoorn geniet.
Tydens die openingseremonie Vrydagmiddag, 21 Maart, het Oudtshoorn-burgemeester, Johan Allers, almal welkom geheet in die pragtige Klein-Karoo en die hoop uitgespreek dat almal weer sal terugkeer as toeriste. Daarna is die gaste by die Presidents-funksie onthaal.
Eden se skoolatlete het ook goed presteer met Laerskool Outeniqua wat uit 98 laerskole in die tweede plek was, en Laerskool George-Suid in die derde plek. Dié afdeling is gewen deur Paarl Gimnasium.
In die hoërskoolafdeling met 87 skole deelgeneem. Hoërskool Durbanville was in die eerste plek, Hoërskool Sentraal tweede, Hoërskool Punt derde en Hoërskool Outeniqua vierde.
Verdere uitslae:
In die spankompetisie is WP weer as algehele wenners gekroon met Boland (2), Noord-Gauteng (3) en Eden (4).
Die juniorafdeling het Boland gewen met WP (2), Eden (3) en Suid-Vrystaat (4).
Die seniorafdeling is gewen deur WP met Noord-Gauteng (2), Boland (3) en Eden (4).
Beste baanatleet: Carina Swiegers (Gauteng-Noord).
Beste swematleet: Schalk van Heerden (Gauteng-Noord).
Junior victrix ludorum: Sophia Greeff (OP).
Junior victor ludorum: Jordan Heath (OP).
Senior victrix ludorum: Kathleen Guy van Pittius (Boland).
Senior victor ludorum: Pierre Spies (Gauteng-Noord).
Rekords verbeter:
Vyf Suid-Afrikaanse rekords is tydens die tweekamp verbeter.
Seuns o. 11: Blake Fischer, OP.
Seuns o. 13: Jordan Heath, OP.
Meisies o. 15: Saskya Kistnasami, KwaZulu-Natal.
Mans 40+: Micheal Gibson, WP.
Mans 70+: Michael Archer WP.
SA Tweekamp Honoris Causa- eerbewyse is ook aan drie atlete toegeken:
Ernst van Schalkwyk (WP), Len Symington (Boland, tweede toekenning), en Dave van der Walt (Eden, derde toekenning).
Anita Louw en Cliff Wallace (20+) en Mandi Wallace (15+) van Eden is vir hulle jare van deelname aan SA kampioenskappe vereer.
Eden-Medaljewenners:
Jo-Mari Smith (senior dames, silwer)
Mike McDonald (meester mans 80+, goud),
Hoërskool Punt (brons)
Laerskool Outeniqua (silwer).
Eden as die organiserende provinsie wil die borge en donateurs hartlik bedank vir hulle ondersteuning.
Vorige artikels
- 530 Atlete tree aan vir die 32e Highgate Interprovinsiale-kampioenskappe in ODN
- Highgate-tweekamp vier 32 jaar
- Opwindende tweekamp wink vir 2025
- Besige seisoen le voor vir Eden-tweekamp
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’