OUDTSHOORN NUUS - 'n Besige seisoen lê vir Eden-tweekamp voor met die twee nasionale byeenkomste wat beide in Oudtshoorn plaasvind, en vier ligabyeenkomste wat ook moet plaasvind.
Die tweekamp-program is as volg:
- 21 Januarie - Eden-proewebyeenkoms by Highgate
- 1 Februarie - Tweekamp-byeenkoms by Highgate
- 4 Februarie - Wimpy Doubles
- 4 Maart - Highgate Eden Kampioenskappe by Highgate
- 21 en 22 Maart - SA Tweekamp-kampioenskappe.
Ontwikkelings vlak
Volgens Dave van der Walt, ontwikkelingsbestuurder, is daar ook ontwikkelingsvlak goeie vordering.
"Twee ontwikkelingsklinieke word op 19 Februarie in Grootbrakrivier, en op 11 Maart in Bridgton, Oudtshoorn aangebied. Meer as 200 atlete het reeds geregistreer en daar word nog heelwat verwag met die opening van die skole op 15 Januarie."
Spanne gekies
Volgens hom sal die Eden-meriete en -ontwikkelingspanne tydens die Eden-proewebyeenkoms gekies word. Hulle sal aan die Highgate Interprovinsiale-kompetisie gaan deelneem. DIe span wat aan die SA Kampioenskappe gaan deelneem word tydens die Eden Kampioenskappe gekies.
Van der Walt verduidelik dat Tweekamp 'n ware gesinssport is waaraan almal kan deelneem. Daar word voorsiening gemaak vir alle ouderdomsgroepe van 7 jaar tot 80 jaar plus.
"Tweekamp bestaan uit twee komponente, hardloop (400m en 800m) en swem (25m, 50m en 100m). Behalwe vir die nasionale byeenkomste, vind ligabyeenkomste op Dinsdae aande plaas wat atlete die geleentheid gun om op Saterdae nog ander sportsoorte te beoefen."
Van der Walt noem dat daar ook 'n virtuele klub, Eden Nomads, is waar atlete kan affilieer om deel te neem indien daar nie 'n geaffilieerde klub naby is nie.
Vir meer inligting kan die webtuiste besoek word en die Facebookblad 'edenbiathlon' besoek word.
Verder kan Dave van der Walt by 082 7734 901 gekontak word.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’