OUDTSHOORN - Die 32e Highgate Interprovinsiale-kampioenskappe het vanoggend, Saterdag 1 Februarie afgeskop in Oudtshoorn by die De Jager Sporkompleks.
Eregaste en toeskouers het die openings-geleentheid bygewoon.
Altesaam 530 atlete van vyf provinsies neem vandag deel aan die tweekamp-kampioenskappe.
Verrigtinge is afgeskop met baan-items en verskuif die program later vanoggend na die NA Smit-swembad vir swem-items.
Die Kampioenskappe word vanaand tydens 'n Gala-geleentheid by Highgate-volstruisplaas afgesluit met 'n prysuitdeling, asook 'n braai vir 450 genooide gaste.
Tweekamp bestaan uit twee komponente, hardloop (400 m en 800 m) en swem (25 m, 50 m en 100 m).
Behalwe vir die nasionale byeenkomste, vind ligabyeenkomste op Dinsdae aande plaas wat atlete die geleentheid gun om op Saterdae nog ander sportsoorte te beoefen."
Daar is ook 'n virtuele klub, Eden Nomads, is waar atlete kan affilieer om deel te neem indien daar nie 'n geaffilieerde klub naby is nie.
Vir meer inligting kan die webtuiste www.edenbiathlon.com en die Facebook-blad 'edenbiathlon' besoek word of kontak Dave van der Walt by 082 7734 901.
Videos
Besoek die volgende skakels vir videos van die geleentheid:
- Onderhoud met Dave van der Walt en die uitvoerende burgemeester van Oudtshoorn, Johan Allers
- Amptelike opening van die 32e Highgate Interprovinsiale Kampioenskappe
Vorige artikels
- Highgate-tweekamp vier 32 jaar
- Opwindende tweekamp wink vir 2025
- Besige seisoen le voor vir Eden-tweekamp
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’