KANNALAND NUUS - Bykans vier jaar nadat ‘n provinsiale forensiese ondersoek in Kannaland-munisipaliteit geloods is, het die nasionale vervolgingsgesag (NVG) besluit om twee voormalige senior munisipale amptenare aan te kla.
Dit volg op ‘n provinsiale forensiese ondersoek wat in 2017 in Kannaland gedoen is.
Tertuis Simmers, die DA se sekretaris van die Oos-streek het vanmiddag ‘n verklaring van die kantoor van Anton Bredell, provinsiale minister van plaaslike regering, omgewingsake en ontwikkelingsbeplanning gestuur.
Volgens die verklaring verwelkom Bredell dié stap deur die NVG:
“The wheels of justice grind slow but fine. We are pleased to see the NPA taking this step and look forward to seeing an end to this matter as soon as possible. I want to repeat my call on the national government to strengthen and better capacitate the law enforcement agencies in the Western Cape, so that these investigations can be completed much faste,.” lui ‘n aanhaling van Bredell in die verklaring.
Volgens Bredell is die 2017 forensiese ondersoek deur ‘n ondersoek van die Valke opgevolg en daardie ondersoek het tot die besluit van die NVG gelei. Bredell beskou hierdie verwikkeling as ‘n voorbeeld daarvan dat amptenare verantwoording moet doen vir hulle optrede.
“To the people of Kannaland we want to say that we have delivered on our promise to pursue accountable and clean government and to hold people accountable for their actions. To other councils and officials in the province who think they can get away with crime and corruption, I want to say we will come for you and we will not stop no matter how long it takes.”
In die verklaring doen Bredell ook ‘n beroep op mense wat enige inligting of vermoedens van oortredings in munisipaliteite het, om dit by die polisie aan te meld. Hy benadruk dat die Wes-Kaap daartoe verbind is om korrupsie uit te wis ongeag waarheen optredes lei.
Dit is nog nie op hierdie stadium duidelik gedurende watter jare die amptenare ter sprake in diens van die munisipaliteit was nie en die aard van die aanklagte is ook nie gemeld nie.
'Ons bring jou die nuutste Klein Karoo nuus'