TUINROETE | KAROO NUUS - Group Editors ondersteun die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT) se Woord van die Week-inisiatief.
Om 'n woord te borg, besoek www.wat.co.za
piemper
piemper (piem-per) s.nw., piempers. (streektaal) (Suidwestelike Afr. →Kaaps) Iem. wat piemp: “Sy’s my girlfriend. Maar niemand weet nie. Sy sê ons kan vir niemand sê nie. Sal jy my geheim hou, Braam?” … “Natuurlik. Ek is nie ’n piemper nie” (C. Smith: Braam, 1997, 57).
Ek kon gekla het by ’n juffrou of die hoof, maar ek wil nie ’n piemper genoem word nie (B. Fredericks: Jou Oë Oop, 2022, 33). Wanneer die polisie weggaan, moet jy nog saamlewe met die persoon van wie jy inligting verklap het, of met die ander lede van sy bende. Piempers lewe nie lank nie (B. Wyngaard: Jagter, 2019, E).
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’