Update
OUDTSHOORN NUUS - Die saak teen ’n 46-jarige man van Oudtshoorn, wat van verkragting van ’n 15-jarige meisie aangekla word, is Maandag 8 September in die streekhof vir verhoor tot volgende jaar uitgestel.
Die beskuldigde het volgens die ondersoekbeampte, ao. Michael Kock, die klaer die aand van 18 Januarie vanjaar in sy motor gelaai en gesê dat hy oor ’n video van haar en haar kêrel beskik.
Hy het gedreig dat hy dit aan haar pa sou wys, maar sal uitwis indien sy met hom geslagsgemeenskap sou hê.
Borgtog is in die landdroshof aan die verdagte geweier, maar hy is in Junie in die Kaapse hooggeregshof borgtog van R1 000 toegestaan.
Die saak is deur streeklanddros Ntsoki Moni vir twee dae se verhoor, 11 en 12 Februarie 2026, uitgestel.
Die verdagte se identiteit mag volgens wet nie bekend gemaak word alvorens hy gepleit het nie.
Vorige berig:
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’