Update
OUDTSHOORN NUUS - Die Oudtshoorn-polisie het gister, 30 Augustus, 'n 18-jarige verdagte in hegtenis geneem in verband met die moord op die 26-jarige man op die hoek van Adderley- en Uniestraat.
Met die aankoms van Oudtshoorn Courant op die toneel was die slagoffer reeds oorlede en was nooddienste-personeel en polisie besig op die toneel.
Volgens sers. Chris Spies, Suid-Kaapse polisiewoordvoerder, dui voorlopige verslae dui daarop dat die polisie op Saterdag omstreeks 13:15 na 'n toneel op die hoek van Adderley- en Unienstraat in Oudtshoorn ontbied is, waar 'n man ineengestort het.
"Met hul aankoms het die lede die slagoffer met 'n steekwond aan sy nek gevind, vermoedelik met 'n skerp voorwerp toegedien. Die 26-jarige man is later deur paramedici dood verklaar."
Verdere ondersoek het gelei tot die inhegtenisneming van die verdagte. Sy bly in polisie-aanhouding en sal na verwagting Maandag 1 September haar eerste hofverskyning in die Oudtshoorn-landdroshof op 'n aanklag van moord maak.
Die ondersoek duur voort.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’