OUDTSHOORN NUUS - Twee mans van Oudtshoorn wat aan beskadiging van belangrike infrastruktuur skuldig bevind is, is Maandag, 1 September, in die Oudtshoorn-streekhof elk tot 15 jaar gevangenisstraf gevonnis.
Jadriaan Prins (25) en Ongama Makazi (39) is die aand van 22 Januarie 2024 in Parkweg deur die polisiebeamptes van die honde-eenheid betrap waar hulle besig was om koperkabels van die Oudtshoorn-munispaliteit af te knip.
Die staatsaanklaer, Mervan Saaiman, het die hof versoek om met ‘n swaar vonnis ‘n sterk boodskap uit te stuur. Nie net vir die twee beskuldigdes nie maar ook vir andere.
Streeklanddros Ntsoki Moni het bevind dat geen wesenlike of dwingende omstandighede bestaan om van die minimum voorgeskrewe vonnis af te wyk nie.
Die onderbreking van elektrisiteit as gevolg van die diefstal van elektriese kabels en beskadiging van belangrike infrastruktuur tot mense se dood lei en daarom word die beskadiging van belangrike infrastruktuur deur die Wetgewer in ‘n baie ernstige lig beskou.
Prins en Makazi is ook onbevoeg verklaar om ‘n vuurwapen te besit.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’