Update
OUDTSHOORN NUUS - Die saak teen ’n soldaat, verbonde aan die Oudtshoorn Infanterieskool wat van moord aangekla is, is verlede Vrydag in die Oudtshoorn-streekhof deur die staat teruggetrek as gevolg van te min getuienis waarop hy skuldig bevind kan word.
Kgamotso Tsime (32) is van moord op Patrick Brocklebank (39), ’n pa van drie kinders, aangekla.
Brocklebank is glo die aand van 22 Desember 2023 in Nuwestraat met ’n skerp voorwerp gesteek nadat hy en die verdagte in ’n woordewisseling was.
Tsime is kort na die voorval in hegtenis geneem en het op Woensdag 3 Januarie 2024 vir die eerste keer in die hof verskyn.
Borgtog is later aan hom geweier.
Die saak is voorlopig deur streeklanddros Ntsoki Moni van die hofrol verwyder en kan volgens die staatsaanklaer, Hyron Goulding, weer teruggeplaas word indien meer getuienis bekom kan word.
Vorige berigte:
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’