Update
OUDTSHOORN NUUS - Die borgtogaansoek van die 18-jarige Olivia Olifant, wat van moord op Gerald Hoogaard (27) aangekla word, is Maandag 8 September in die Oudtshoorn-landdroshof tot Donderdag 11 September uitgestel vir die staat om seker te maak of dit ’n bylae 5 of 6 aansoek is.
Hoogaard is op Saterdag 30 Augustus op die hoek van Unie- en Adderleystraat met ’n skerp voorwerp gesteek en op die toneel deur paramedici dood verklaar.
Die staat is volgens die aanklaer, Danielle van der Westhuizen, van mening dat Olifant met voorbedagte rade opgetree het, terwyl haar regsverteenwoordiger, Zak Lipschitz, van mening is dat sy op die ingewing van die oomblik opgetree het.
Vorige berig:
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’