SUID-KAAP NUUS - Brandbestryders van Oudtshoorn, Eden se Working on Fire sowel as CapeNature is op die toneel van 'n veldbrand tussen Oudtshoorn en Mosselbaai.
Volgens 'n brandbestryder op die toneel, jaag 'n sterk wind die brand vanaf die Robinsonpas in die algemene rigting van Paardepoort.
Die brand kan nie tans beheer word nie, maar geen geboue is in gevaar nie.
Die brand woed in die veld en berge weerskante van die hoofpad tussen Oudtshoorn en die Robinsonpas, maar is tans nie naby die pad nie.
Die brand woed in die veld en berge weerskante van die hoofpad tussen Oudtshoorn en die Robinsonpas.
Die brand is tussen Mosselbaai en Oudtshoorn.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Karoo, Hessequa nuus'